Episode 1, Seisoen 4: ‘n Hegte gesin deel STORIES!


Deel jou storie en jou familie se stories met jou kinders – dis hoe ‘n hegte gesin ontstaan.

Moeg gejaag om aan al die eise van die akademie te voldoen? Moeg gedruk aan jou kinders?

 

Raai wat? Akademie is maar een klein deeltjie van die lewe. Dis die ander deel wat jou kinders gaan onthou lank nadat hulle klaar is met skool, die dinge wat julle gesin saam gedoen het en onbreekbare bande tussen julle laat ontstaan het.

 

Kom luister hoe jy jou kind se nuuskierigheid oor waar hy én jy vandaan kom kan gebruik om hom stewig in sy geskiedenis te anker, en om hom met selfvertroue die toekoms te kan laat ingaan. En al wat jy eintlik hoef te doen, is gesels en stories te vertel – van homself en sy en jou geskiedenis, en enige ander lekker storie wat jy kan uitdink en wat julle nader aan mekaar kan bind.

Luister ook hier na die oolfant potgooi

OP SOEK NA MEER HULP EN RAAD OOR TUISONDERWYS?

Weet jy nie waar om met tuisonderwys te begin nie?

Voel jy skoon verward oor al die opsies en keuses en moontlikhede?

➡️ ➡️ ➡️ Begin hier.

In Gratis&Verniet gaan jy alles vind sodat jy dadelik met tuisonderwys kan wegspring.

Vind onder andere uit:

  • Waarop jy moet fokus as jou kinders laerskoolouderdom is
  • Wat al die voor- en nadele van elkeen van die verskillende matriekroetes is
  • Hoe om jou kind se werk te merk
  • Hoe om ander mense (en jouself) te oortuig dat tuisskool die beste ding is
  • Hoe om te weet of jy jou kind op standaard is

Daar is:

  • Voorbeeldlesse
  • Webinare (3 ure se kyktyd)
  • Video’s (2 ure se kyktyd)
  • Werkboeke wat jy kan deurwerk om jouself op koers te kry
  • PDF’s met van die beste idees oor tuisonderwys
  • ʼn Aftiklysies wat jou help om die ideale tuisskooldag te beplan
  • Platsakplanne wat jy kan maak

Geniet hierdie skatkis van gratis hulpbronne wat jou dadelik:

  • Gemoedsrus
  • Fokus
  • Goeie struktuur
  • Afskopplekke gaan gee

Maak ʼn skittersukses van tuisonderwys.

Leave a comment