ambagsopleiding tuisskool 3

My kind wil eendag met sy hande werk 2


Kom ons vra die vraag - ambagsopleiding tuisskool - is dit moontlik?

Klink dit dalk soos jou kind? Of soos ‘n kind wat jy ken? 

“My kind hou glad nie van skool nie. As hy moet skryf, is hy sommer net moeg en stadig.

Wanneer ons “klassies” van die dag klaar is, kan hy nie vinnig genoeg werkswinkel of garage toe gaan om te “werk” aan iets nie.

Hy is vreeslik baie lief vir kraggereedskap en om iets uit niks nie te skep.

Is daar enige tuisonderrig vir vakkundiges?”

Iemand wat tegnies aangelê is, is die soort mens van wie Spreuke 22:29 praat: Sien jy ʼn man wat vaardig is in sy werk — hy kan voor konings staan …

Die rede is natuurlik dat selfs die belangrikste en magtigste mense se toilette verstop of geisers die gees gee.

Hulle het ook nuwe huise en kombuiskaste nodig.

Ook hulle motors gaan staan soms.

En dan is daar nie ʼn gesig wat hulle blyer maak, as om ʼn vaardige vakman by hulle voordeur te sien nie.

As jou kind se hande vir niks verkeerd staan nie, kan hy ʼn baie lonende onderneming bedryf.

En geen vooruitstrewende land kan dit bekostig om sonder goeie ambagsmense wees nie!

Kom ons kyk na die moontlikhede vir ambagsopleiding tuisskool en of dit doenbaar is.

Ambagsopleiding tuisskool: word ’n vakman deur ’n kollege

Mens kan jou hele vakleerlingskap in Afrikaans deur ʼn instansie soos Sol-Tech loop. Hulle bied opleiding aan in die volgende rigtings:

• Elektrisiën • Dieselwerktuigkundige • Gereedskap- en Setmaatmaker • Passer en draaier • Meulmaker • Sweiser

Op Sol-Tech webwerf is daar meer inligting oor hoe hulle werk, die opedae wat hulle aanbied en hoeveel hulle opleiding kos. Hulle reël ook dat jou kind indiensopleiding kry en het ʼn rekord dat hulle maklik vir hulle studente werk kry.

Daar is dus baie voordele daaraan om Sol-Tech te gebruik, maar dit kan duur wees, so:

As jy self ambagsopleiding tuisskool wil doen

Ek het met my ou vriendin Tina van Deventer gepraat oor haar oudste seun Gideon se paadjie om ʼn loodgieter te word. En toe vir jou kortliks die stappe neergeskryf. Onthou dis net ʼn oorsig en baie van die fyner besonderhede kry nie in hierdie artikel aandag nie.

Maar dit gee jou ‘n goeie idee wat om vir ambagsopleiding tuisskool te verwag.

1. Volg ’n gekwalifiseerde vakman soos ’n skadu

“As jou kind ʼn ambagsman wil word, kan ek nie beter raad gee nie as dat hy begin deur saam en vir ʼn ervare ambagsman te werk,” sê Tina.

In Gideon (18) se geval is daar ʼn oom wat ʼn bekwame en suksesvolle loodgieter is. Gideon het saam met hom gewerk en gesien wat hy doen en hoe hy te werk gaan en besluit hy wil ook ʼn loodgieter word.

Mens kan jou die prentjie goed voorstel:

So ʼn kind kry nie net ʼn voorsmakie van wat die werk self behels nie, maar sien baie meer. Soos hoe word daar met kliënte gewerk, hoe skryf mens ʼn faktuur uit, hoe hou jy boek en hoe beplan jy jou ritte.

Trouens, om ʼn vakleerlingskap onder die toesig van ʼn ervare ambagsman te deurloop, is amptelik deel van die proses om ʼn formele kwalifikasie te kry. Daarby kom ons later.

2. Die eerste teoretiese opleiding vir ambagsopleiding tuisskool — kry ’n silwer seël

Om formeel ʼn vakleerling te word, moet die kandidaat ʼn silwer seël verwerf. Dit beteken dat hy ʼn kort, maar intensiewe, teoretiese opleidingskursus moet slaag. Daar is verskeie sulke private kolleges wat sulke opleiding in verskillende ambagte, soos loodgieter, elektrisiën, ketelmaker en motorwerktuigkunde aanbied.

Onderaan word ʼn paar van hulle as voorbeelde gelys. As jy op die internet na sulke kolleges soek, sal jy sien baie van hulle maak “Olifantsfontein” deel van hulle naam, want dis die plek waar die finale ambagstoets amptelik afgeneem word. Dit beteken egter nie hulle klasse word by Olifantsfontein aangebied nie.

Die tydperk van opleiding wissel vir die verskillende ambagte. In Gideon se geval om loodgieter te begin word, moes hy vir drie weke elke weeksdag klas loop by ʼn kollege in Silverton, Pretoria.

“Hierdie opleiding is nogal duur, tussen R10 000 en R15 000, maar die kolleges is bereid om mens tegemoet te kom as jy dit doen in hulle minder besige tye,” gee Tina raad.

3. Doen praktiese ondervinding op

Die volgende stap kan baie lank duur. Nou moet die vakleerling vir ʼn sekere voorgeskrewe tyd saam en onder toesig van ʼn gekwalifiseerde vakman werk. Dié gee vir hom indiensopleiding en moet ook boekhou van die ure wat hy werk en wat hy alles gedoen het.

4. Slaag die nodige N-kursusse vir ambagsopleiding tuisskool

Saam met die vakleerling se indiensopleiding, moet hy ook formeel sekere N-kursusse deurkom. Dis die teoretiese opleiding wat nodig gaan wees om uiteindelik as vakman te kan registreer.

Die N-kursusse se opleiding hou verband met die spesifieke ambag, maar sluit ook algemene vakke soos Wiskunde en Wetenskap in. Elke ambag het sy eie voorskrifte. Om loodgieter te word, moet mens byvoorbeeld vier vakke op elke vlak (N1, N2, N3) slaag.

Raai wat is die beste nuus?

Die meeste van hierdie klasse is beskikbaar in Afrikaans!

“Die N-kursusse is glad nie maklik nie, hoor, en die opleiding kan baie intens wees,” waarsku Tina. Gideon is nog besig om sy nodige N-kursusse klaar te maak.

ʼn Moontlike plek om die N-kursusse te loop, is Ntek, wat kantore in die noorde van Pretoria het, maar wat afstandsonderrig aanbied. Studente skryf die eksamens in Tuine, Pretoria.

5. Lê formeel die vaktoets af

Sodra ʼn kandidaat 22 jaar oud is, kan hy die formele vaktoets by die toetssentrum in Olifantsfontein in Gauteng aflê. Hierdie ambagstoetse word bestuur en afgeneem deur die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding.

As ʼn kandidaat die ambagstoets deurkom, (en dis ʼn baie taai toets!) die teoretiese N-opleiding en die praktiese indiensopleiding voltooi het, kry hy ʼn rooi seël en is nou volwaardig ambagsman.

Maar my kind is nog jonk … wat doen ek in die tussentyd?

Stel jy in ambagsopleiding tuisskool belang? Maar jou kind is te jonk om met formele opleiding te begin? As dit lyk of hy tegniese aanleg het, is die beste natuurlik om hom van jongs af toegang tot ʼn motorhuis of werkswinkel te gee.

Verder is dit ʼn goeie idee om jou kinders dalk formeel een of ander tegniese groepklas te laat bywoon.

In my twee se geval het hulle vir twee jaar lank elke tweede week vir ʼn paar uur by oom Eben Theron geleer om basiese dinge te doen soos hoe om veilig met ʼn saag te werk, hoe om te soldeer, hoe om ʼn stukkende elektriese prop reg te maak en so meer.

Hulle het dié klasse baie geniet

Alhoewel nie een van hulle besonder tegnies aangelê is nie, het hulle het die klasse baie geniet. Hulle praat nou nog van die lesse wat oom Eben hulle geleer het. Hulle was baie trots op die miniatuur-windpomp wat hulle vir my as ʼn tuinversiering gemaak het.

Oom Eben se wonderlike klasse is gereël deur ʼn tuisskoolma wat naby Boschkop, oos van Pretoria, bly. Oom Eben was afgetree en het hierdie klasse uit die liefde van sy hart teen ʼn klein fooi vir ʼn groepie van ons kinders aangebied.

Is daar dalk so ʼn gawe oupa in julle omgewing? Vind ʼn bietjie by jou vriendinne uit en kyk of julle dit kan organiseer. Ek kan sulke klasse sterk aanbeveel. Selfs vir die meisiekinders!

Voorbeelde van kolleges wat opleiding gee:

  1. Sol-Tech
  2. Ntek
  3. Opleiding vir motorwerktuigkundiges: http://www.otc-trainingcentre.co.za/
  4. Opleiding vir loodgieters en elektrisiëns: http://www.theartisantraining.info/contact-us/
  5. Opleiding vir ketelmakers en sweisers: http://skillscollege.co.za/
  6. Dis hoe die vorm lyk wat mens moet invul vir die finale vaktoets:
    http://www.teta.org.za/documents/Documents/2014Oct21/Trade_Test_Application_Form.pdf

 

KLIK HIER en lees oor ander moontlikhede om as tuisskoler matriek te maak.

Weet jy nie waar om met tuisonderwys te begin nie?

Voel jy skoon verward oor al die opsies en keuses en moontlikhede?

In Gratis&Verniet gaan jy alles vind sodat jy dadelik met tuisonderwys kan wegspring.

Hoe gemaak as jou kind tegnies aangelê is en tuisskool? ’n Kort uiteensetting van die stappe om te volg. Ambagsopleiding tuisskool.
Hoe gemaak as jou kind tegnies aangelê is en tuisskool? ’n Kort uiteensetting van die stappe om te volg. Ambagsopleiding tuisskool.
Hoe gemaak as jou kind tegnies aangelê is en tuisskool? ’n Kort uiteensetting van die stappe om te volg. Ambagsopleiding tuisskool.
Hoe gemaak as jou kind tegnies aangelê is en tuisskool? ’n Kort uiteensetting van die stappe om te volg. Ambagsopleiding tuisskool.
Hoe gemaak as jou kind tegnies aangelê is en tuisskool? ’n Kort uiteensetting van die stappe om te volg. Ambagsopleiding tuisskool.
Hoe gemaak as jou kind tegnies aangelê is en tuisskool? ’n Kort uiteensetting van die stappe om te volg. Ambagsopleiding tuisskool.
Hoe gemaak as jou kind tegnies aangelê is en tuisskool? ’n Kort uiteensetting van die stappe om te volg. Ambagsopleiding tuisskool.
Hoe gemaak as jou kind tegnies aangelê is en tuisskool? ’n Kort uiteensetting van die stappe om te volg. Ambagsopleiding tuisskool.
Hoe gemaak as jou kind tegnies aangelê is en tuisskool? ’n Kort uiteensetting van die stappe om te volg. Ambagsopleiding tuisskool.
Hoe gemaak as jou kind tegnies aangelê is en tuisskool? ’n Kort uiteensetting van die stappe om te volg. Ambagsopleiding tuisskool.

Leave a comment

2 thoughts on “My kind wil eendag met sy hande werk