Ekstra woema vir julle tuisskool: ‘n onbreekbare band
Wil jy graag jou waardes aan jou kind oordra?
Hier is die sleutel: Kom op dieselfde golflengte as jou kind. Vorm gerus ‘n noue band met jou kind; hy én jy het dit nodig om suksesvol te kan tuisskool.
Kom luister na waardevolle wenke wat vir jou en jou kind kan werk, of julle mekaar nou baie goed verstaan of nie, noodsaaklik vir alle ouers en onderwysers.
OP SOEK NA FANTASTIESE HULPBRONNE VIR AFRIKAANS EN OOR TUISONDERWYS?
Oolfant bied van 14 tot 31 Augustus ‘n 25% afslag op al sy produkte aan.
Gebruik die kode
GRA23
en kry oolfant se e-kursusse en/of Omvattend Afrikaans Gr1-3 teen 25% afslag.
Met ons staatmaker-taalkursusse, 15-Minuut Afrikaans, Sinne wat Sing en Kom ons Skryf ‘n Opstel, help ons jou kind om sy gedagtes met selfvertroue in goeie Afrikaans te kan uitdruk.
NS Hierdie drie kursusse volg eintlik op mekaar.
Die oolfant-kursusse help jou as tuisskoolma om met gemoedsrus te kan tuisskool. Dit is die ideale kursusse om byderhand te hê as jy klaar ontskool het en graag sonder stres wil begin tuisskool, of ʼn nuwe blaadjie wil omslaan met julle vak Afrikaans.
As jy jou tuisskool sommer nuwe woema wil gee, kan jy gerus die kursus 21 dae na sukses as tuisskoolma oorweeg. Dit bied jou ‘n werkbare en volhoubare plan vir tuisonderwys wat groot resultate verseker, sonder dat jy of jou kinders uitbrand. Leer wat jy moet GLO, WEET, DOEN en AANHOU DOEN om skitterend te kan tuisskool.
Om alles te kroon bied ons die volgende vier bonusse aan vir elkeen wat oolfant se afslagkoepon gebruik om ‘n oolfant-produk te koop:
- 3 maande se gratis intekening by tuisskoolma, Hannekie Verwoerd, se Luistervink Stories
- Kry ‘n afslagkoepon vir ‘n bondel lekker Wiskundemateriaal van Somme(r) Pret. Tuisskoolma Lizelle Rademeyer sê: “Wiskunde hoef nie ‘n geween en gekners van tande te wees nie.”
- ‘n Gratis tuisskoolboek deur veteraan tuisskoolma Sally Clarkson, naamlik Seasons of a Mother’s Heart, wat jou help begelei deur die verskillende seisoene van jou tuisskoollewe.
- ‘n Unieke, professionele video-opname van al die sprekers tydens die tweedaagse African Home Education Indaba wat in 2019 in Pretoria gehou is, waar internasionale en nasionale kenners jou vertel hoe om sonder stres en met selfvertroue te tuisskool.
NS: As ‘n spesiale toegif bied oolfant tydens hierdie promosie ook die bonusse aan vir ma’s wat al voorheen van oolfant se produkte gekoop het. Skryf vir my by [email protected] en laat weet my wanneer jy wat gekoop het.
En nou wil jy seker weet hoekom juis op hierdie datum? Want op 14 Augustus 1875 is die Genootskap van Regte Afrikaners gestig, deur ‘n groep baanbrekers wat begin het om Afrikaans te skryf en te publiseer, toe Afrikaans nog net ‘n spreektaal was. Die gevolg: ‘n taal waarin mens alles onder die son kan sê en skryf en dink!