Oolfant se potgooi


EPISODE #1

Nie net een regte manier om te tuisskool nie

EPISODE #5

Voorlees: 'n geskenk wat hou en hou

Hierdie week op die oolfant potgooi praat ek met tuisskoolma, Hannekie Verwoerd. Sy is ook ʼn bedrewe en begeesterde taal- en spraakterapeut. As ons twee praat, raak ons altyd ʼn bietjie meegevoer oor Afrikaanse boeke. So, wees gewaarsku.
Hannekie verduidelik in hierdie onderhoud van ʼn nuwe voordeel van voorlees waaraan sy onlangs gedink het.

EPISODE #2​

1% verstellings maak 'n reuseverskil

Hoe kan ons as Afrikaanse tuisskolers 1% verbeterings maak om ʼn skittersukses van tuisonderwys maak?
Ek deel graag met jou klein verstellinkies wat jy kan maak, wat ʼn reuseverskil kan maak.
Klik hier vir Oolfant se YouTube kanaal

EPISODE #6

Wiskunde: maak dit meer pret

Lizelle Rademeyer is ʼn tuisskoolma van Stellenbosch. Sy is opgelei as ʼn weerkundige en sy is GOED met Wiskunde. Maar sy glo ook Wiskunde moet pret wees. En dit sien mens duidelik uit haar Wiskunde werksvelle wat die naam Somme(r) Pret.
In die jongste episode van oolfant se potgooi gesels ek en Lizelle oor hoe belangrik taalvaardigheid vir goeie wiskundevaardigheid is.

EPISODE #3​

Heerlike nuwe leerplan beskikbaar

In hierdie week se oolfant potgooi praat ek met Linnie Lues, gesoute tuisskoolma wat verantwoordelik was vir die vertaling en taalversorging van die nuwe leerplan “Voetspore”.
As deel van oolfant se lekker groot Januarie 2021 promosie het ek met Shirley en Wendy onderhandel vir ʼn R300 afslagkoepon op “Voetspore”. As jy dus al ses oolfant se kursusse aankoop, is hierdie afslagkoepon een van die vyf heerlike bonusse wat jy kry.
Gaan kyk hier na hierdie aanbod: 
oolfant.com/hele-oolfant
 

EPISODE #4

Maak dinge pasklaar vir jou eie kinders

In hierdie week se potgooi-episode gesels ek en Janet Kieswetter land en sand oor hoe om jou kinders te leer lees. Janet is ʼn tuisskoolma met vyf meisiekinders. Sy het (of is besig) om hulle al vyf met sukses te leer lees. En sy het oulike, kreatiewe planne wat dinge vir jou makliker kan maak.

https://kieswetterklaskamer.wordpress.com/

Wil jy graag meer raad en wenke oor tuisonderwys hê

Skryf gerus in vir hierdie gratis aanlyn kursus

Weet jy nie waar om met tuisonderwys te begin nie?

Voel jy skoon verward oor al die opsies en keuses en moontlikhede?

➡️ ➡️ ➡️ Begin hier.

In Gratis&Verniet gaan jy alles vind sodat jy dadelik met tuisonderwys kan wegspring.

Vind onder andere uit:

  • Waarop jy moet fokus as jou kinders laerskoolouderdom is
  • Wat al die voor- en nadele van elkeen van die matriekroetes is
  • Hoe om jou kind se werk te merk
  • Hoe om ander mense (en jouself) te oortuig dat tuisskool die beste ding is
  • Hoe om te weet of jy jou kind op standaard is

Daar is:

  • Voorbeeldlesse
  • Webinare (3 ure se kyktyd)
  • Video’s (2 ure se kyktyd)
  • Werkboeke wat jy kan deurwerk om jouself op koers te kry
  • PDF’s met van die beste idees oor tuisonderwys
  • ʼn Aftiklysies wat jou help om die ideale tuisskooldag te beplan
  • Platsakplanne wat jy kan maak

Geniet hierdie skatkis van gratis hulpbronne wat jou dadelik:

  • Meer gemoedsrus
  • Fokus
  • Goeie struktuur
  • Afskopplekke gaan gee

Maak ʼn skittersukses van tuisonderwys.

Skryf HIER in vir hierdie gratis kursus.