Fopnuus van ons tyd: die tongtippietoets is ’n leuen


Ten spyte van die vreeslike kennisontploffing wat ons beleef, of juis miskien as gevolg daarvan, is daar ʼn paar mites wat bly vassteek.

Al is dit makliker as ooit om feite na te gaan.

Een van die mistastings wat oor en oor opduik, is dat mens met verskillende dele van jou tong verskillende smake kan proe.

ʼn Sogenaamde tongkaart is geteken. Hy lyk min of meer só:

  • Heel agter op jou tong kan jy glo net bitter smake onderskei.
  • ʼn Bietjie vorentoe kan mens glo net suur goed proe.
  • Nog meer vorentoe is waar jy souterige smake onderskei.
  • En met die tippie van jou tong? Soet smake!

Skynbaar kon die fout ingesluip met ʼn vertaalfout. Die oorspronklike navorsing kom uit Duitsland en die datum is 1901.

Alhoewel hierdie navorsing al in 1974 weerlê is, het ek beslis grootgeword met hierdie tongkaart. Ek het maar eers nou die dag uitgevind dat dit ʼn verdigsel is.

Nog so ʼn stukkie fopnuus, om nou die woord van ons tyd te gebruik, is dat ʼn mens ʼn nuwe gewoonte binne 21 dae kan aanleer.

Nog fopnuus: dit vat net 21 dae om iets nuuts aan te leer

Nie waar nie. Breinnavorsing wys nou dat dit minstens 66 dae neem voordat ʼn nuwe neurologiese paadjie behoorlik in jou brein gevorm het.

As jy dink ek het juis 21 dae met 21 lesse gekies vir my aanlyn kursus oor sukses met tuisonderwys, omdat ek glo dis hoe lank nodig is vir ʼn nuwe gewoonte om te vorm, maak jy ʼn fout.

Ek het 21 dae gekies, omdat ek weet hoe besig tuisskoolma’s is. Dis ook die rede waarom die kursus in sulke lekker happiegroottes verpak is! 21 dae is heel doenbaar.

Ek het ook 21 dae gekies omdat dit my aan ʼn 21ste verjaarsdag laat dink het. En een van die belangrikste dinge wat ek met die kursus wou bereik, is om vir tuisskoolma’s die vryheid van volwassenheid wou laat voel.

Ek het 21 dae gekies omdat ek tuisskoolma’s soos jy wou wys dat jy as ʼn tuisskoolma mondig kan wees. Selfstandig. ʼn Grootmens. Iemand wat haar eie keuses met selfvertroue kan maak.

Maar ek weet baie, baie goed dat goeie gewoontes en ware selfvertroue baie, baie langer neem as 21 dae.

Kom hoor van meer fopnuus by nog 10 webinare

En dis waarom ek vir nog tien maande van 2019 alle studente van 21 dae na sukses as tuisskoolma elke maand gaan uitnooi na ʼn gratis webinaar. Daar gaan geleentheid wees vir vrae, ek gaan ook vrae wat ek per e-pos ontvang, behandel. As ek afkom op interessante of nuttige navorsing of idees werk ek dit ook in.

Onthou daar is reeds drie bykomende webinare vir jou in die kursus beskikbaar, onderskeidelik oor:

  • Oulike maniere om jou kind te help om beter te onthou
  • Hoe jy jou kind meer effektief kan evalueer
  • Hoe belangrik dit is dat jy jou eie kop regkry as jy suksesvol wil tuisskool

Dit sal vir my ʼn groot eer en voorreg wees om jou as my student binne 21 dae na sukses as tuisskoolma te hê.

Kom ons pak hierdie tuisskoolbul. By sy horings. Vreesloos!

Gaan skryf nou in.

Leave a comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

1 × three =