Sit woema in jou tuisskool, lus in jou lewe en ’n glimlag op jou kind se gesig


So, jy is besig om hierdie tuisskoolding te probeer. Maar ALMAL sê jy is stapelgek.

En “ALMAL” is:

✔ jou man, wat jou hele tuisskool-eksperiment so agterdogtig en bekommerd dophou soos wat iemand ’n mallerige professor se pruttende proefbuise sou dophou

✔ jou skoonma, wat dink jy is besig om haar kleinkinders se toekoms op te duiwel en wat nie skaam is om dit te sê nie

✔ jou perfekte vriendin wie se kinders net A’s op hulle rapporte het en wat niks sê nie, maar jy kan SIEN wat sy dink

✔ selfs die kassier by Pick ’n Pay wat jou sooo kyk toe sy jou kinders in skoolure saam met jou in die winkel sien en vra:  “Gaan hierdie kinders dan nie skool toe nie?”

 

IS jy stapelgek?

Want die vet weet, dit voel of jy nie weet wat jy doen nie. Dit voel of jou kinders soos werfhoendertjies rondhardloop. Jy kry kringe onder jou oë soos jy vir kommer en kwel.

Tuisskool is wonderlik, sê ALMAL op Facebook. Né?

Daar is ’n manier om vandag nog oor-tot-oor-glimlagte op jou en jou kinders se gesigte te kry. Om weer lus te raak vir die hele tuisskoolding.

Proe na net twee ure se werk die soet smaak van sukses. (Ek sê netnou presies vir jou hoe.)

En voel dan hoe hierdie eerste sukses met tuisskool so soet soos stroop deursypel na ander dele van tuisonderrig soos wat julle weer julle selfvertroue terugkry.

Want so verbaas soos iemand wat wonderlike verrassingpartytjie gekry het, gaan julle verlig agterkom: Haai, ons KAN dit doen. Ons kan hierdie tuisskoolding sowaar doen!

 

 

 

“Dis waarna ek my voos gesoek het.” – Tuisskoolma

 

Woorde met woema: ’n gratis blitskursus wat julle omtrent so 5 X 20 minute gaan neem om te doen

n Fris-en-vars-kursus vol pret. Vir die dae wanneer jou kinders sleepvoet-sleepvoet naderkom om in Afrikaans te skryf.

Skep moed vir skryf (wat praat ek alles, skep moed vir tuisskool) danksy Woorde met woema. (Selfs al sit jy met ’n seuna wat baie ekonomies met sy woorde is.)

 

Vinnig. Prettig. Anderster.

✔ 5 Kort lessies. Die video’s is so lekker om na te luister, jy gaan wens jy is weer tien jaar oud om ordentlik te leer Afrikaans skryf.

✔ Duidelike, konkrete maniere leer jou kinders dadelik beter skryf. As hulle dit klaar geniet om te skryf, gaan hierdie kursus hulle inspireer om NOG meer te skryf.

✔ Anderster idees (soos ’n skaap wat “mad”, “glad”, “sad” of “bad” kan voel) maak jou kinders lus om hulle skryfwerk na die volgende vlak te neem.

✔ ALLES kan afgelaai word. As jy dit eers afgelaai het, is dit moontlik om enige tyd na die video’s te kyk en dit te gebruik,. (Ja, ook op die plaas waar jy geen internetsein het nie.)

 

Gedink Woorde met woema leer jou kinders NET om beter te skryf?
Verkeerd. Hierdie blitskursus gaan jou kinders ook leer:

✔ van taalleer (sonder dat hulle dit agterkom)

✔ hoe om emosioneel meer gesofistikeerd te wees (Les 2)

✔ hoe om hulle waarneming te verskerp (Les 3)

 

Skitterende sinne. Skitterende oë. Skitterende sukses. Gewaarborg.

Ek belowe jou as jou kind klaar is met hierdie 5 kort lessies, gaan hy (en jy) swel van trots oor die skittersinne waarmee hy vorendag kom. Om die waarheid te sê, hy gaan al na die eerste les brand om sy skryfwerk vir sy pa of ouma te wys.

En as jy vind Woorde met woema wil nie werk nie, sal ek vir ’n halfuur oor die telefoon met jou en jou kind sit en saam-saam kan ons dan deur sy pogings gaan. Sodat ons koppe bymekaar kan sit en kan kyk hoe kan ons dinge beter kan maak om tuisskool vir julle te laat werk.

(Woorde met woema het reeds meer as 600 studente)

 

 

Deur in te skryf vir Woorde met woema teken jy outomaties ook op vir my poslys. Jy sal een maal per week ’n nuusbrief vol waardevolle inligting vir tuisskolers kry. Soos:

watter opsies vir matriek moontlik is 

of

hoe om jou ideale tuisskooldag te beplan

Soms sal ek jou ook vertel van my produkte wat jy kan koop. Jy kan egter op enige stadium afteken van die poslys af.

MAAR … selfs al teken jy van die poslys af, behou jy jou tot toegang tot Woorde met woema. Vir altyd en altyd.

Ns. Woorde met woema werk die heel beste as kinders alreeds omtrent so 10 jaar oud is en klaar kan lees en skryf. Die kursus werk ook wonderlik met tieners. (En volwassenes.)

 

 

➡➡➡ JA, EK WIL GRAAG INSKRYF. VAT MY DADELIK NA WOORDE MET WOEMA TOE!