Tuisskolertjie wys hoe lyk entrepreneurskap


Ek is vreeslik opgewonde om my heel eerste kuberkuiertjie met jou te kan deel. Dis ‘n onderhoud met die twaalfjarige Niah Malan en haar ma, Tanya. En dit gaan oor entrepreneurskap vir tuisskolers.

Niah het onlangs ‘n Tinteltong-toekenning van Afriforum en Afrivriendelik ontvang vir die mees innoverende Afrikaanse produk.

Sy vervaardig ‘n velsorgproduk met die naam Boeremeisie Beeldskoon. En hier is haar Facebookblad.

Maar dis nie al nie. Niah se boetie, Dürandt, het óók sy eie besigheid en hier is sy webwerf. Dürandt is die plante-man wat erfenissaad verkoop. En reusepampoene kweek.

Jy kan hier na die hele onderhoud luister.

Maar laat ek gou vir jou vertel van die hoogtepunte uit hierdie kuberkuiertjie. As jy op die skakel klik, neem dit jou dadelik na daardie deel van die onderhoud.

1.     Die poeding was vir Niah die lekkerste van die toekenningsaand! 😊

https://youtu.be/uJfBFmgX9J4?t=1m40s

2.     Wat is Niah se WARE rede waarom sy haar besigheid begin het:

https://youtu.be/uJfBFmgX9J4?t=4m36s

3.     Hoekom Tanya dink ons ons kinders moet leer om hulle eie ondernemings te begin

https://youtu.be/uJfBFmgX9J4?t=5m20s

4.     Hoe Tanya op ‘n besigheidsidee vir kleinsus Abi gekom het

https://youtu.be/uJfBFmgX9J4?t=7m6s

5.     Hoe Niah voel as sy nog ‘n suksesvolle verkoop het

https://youtu.be/uJfBFmgX9J4?t=9m

Ek hoop jy geniet hierdie kuberkuier. Ek was verras oor die gehalte van die klank wat ons sommer met rekenaars en selfone kon optower. En dit klink sowaar of ons drie sáám in een vertrek is en nie amper as 15 000 kilometer uitmekaar nie. As ek so opgewonde raak oor Niah se produkte, is dit omdat Niah en Tanya dit vir my oor die telefoon gewys het. Ek wens so ek kon regtig daardie mooi, blou produkte in my eie hande vashou.

Dit was ook vir my baie spesiaal dat ek die dag voor haar twaalfde verjaarsdag met Niah kon gesels. Geluk met jou verjaarsdag, Niah. Jy’s die ster van Sterkfontein, hoor!

Niah maak my trots om myself ‘n tuisskoler te noem. En Niah (en haar gesin) se pragprestasie is iets wat jy gerus onder tuisskool-skeptici se neuse kan druk. Ongelooflik dat sy nog nooit ‘n enkele dag op ‘n skoolbank deurgebring het nie.

Tuisskool bo!

 

 

“Marisa se weeklikse e-pos voel soos ’n handgeskrewe briefie van jou beste vriendin af.”

Prentjie by convertkit

KRY OOK TOEGANG TOT GRATIS HULPBRONNE SOOS:

• ’n Leeslys met meer as 250 titels
• 20 bronne vir Wiskunde in Afrikaans
• Wenke vir beter spelling
• Leer toespraak maak
• En nog baie meer ...

Elke week vul ek jou posbus met waardevolle, gratis raad en wenke. As intekenaar kwalifiseer jy vir spesiale bonusse as ek nuwe kursusse vrystel. Ek gee ook vir jou inligting oor al my kursusse.

*Lees my beleid oor privaatheid hier.

Gemorspos is ’n pyn. Jy kan dus op enige stadium weer afteken as jy wil. Powered by ConvertKit

Leave a comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui