Temagebaseerde onderwys – slaan verveeldheid só hok

Hoe kry mens jou kinders meer geïnteresseerd in hulle skoolwerk?

Hoe kry jy hulle minder verveeld? 

Ja, ek dink verveeldheid is elke tuisskoolma se grootste vyand. 

Jy weet mos ek sê altyd mens hoef jou kind net drie dinge te leer: taal, Wiskunde en “die res”. 

Hierdie artikel gaan oor “die res”. 

Daarom is ek opgewonde om vir tuisskoolma Elaine Volbrecht ’n beurt te gee om te verduidelik hoe temagebaseerde onderwys haar gehelp het om tuisonderwys lekkerder te maak – Marisa.

Drie jaar gelede, toe ons begin het met tuisonderrig, was my middelste seun tien jaar oud en my jongste ses. My eerste instink was om ’n kurrikulum aan te koop. Ek was bang om die struktuur te verloor en dat my kinders sou ‘agter’ raak, hoewel ek self ’n onderwyseres was en absoluut niks van die staatskoolkurrikulums gehou het nie.

Deur die loop van ons eerste jaar het ek gou besef dis glad nie hoe ek my kinders wou leer nie. Hulle was verveeld en ek kon hulle regtig nie daarvoor kwalik neem nie.

Ek wou my kinders leer om ’n natuurlike nuuskierigheid te ontwikkel en hoe om self daardie kennis op te soek en aan te leer. Ons almal se droom, né. Ek moes myself afvra: hoe sou ek verkies het om as kind te leer? My antwoord? Ek wil dit ervaar! Ek wil daaraan vat en self probeer. Dit moet kreatief en lekker wees om te doen. Ek het ook gevoel onnodige informasie maak die werk oorweldigend en sielsdodend.

Vier voordele van temagebaseerde onderwys

Dis toe dat ek begin oplees en meer uitgevind het oor temagebaseerde onderwys of leer. Die idee van ’n sentrale tema waarby die meeste vakgebiede of leerareas kon inpas, het vir my soveel sin gemaak. Hier is vier voordele van temagebaseerde leer wat ek dadelik kon insien:

  1. Dit het vir my baie potensiaal gewys as ’n manier waarop my kinders sou leer om regtig probleme op te los.
  2. Verder sou dit deure oopmaak vir praktiese, kreatiewe ervarings in die areas wat elke kind verkies.
  3. Boonop kon temagebaseerde onderwys die fondasie vir ’n wetenskaplike denkwyse lê.
  4. En die beste nuus: ek kon een tema gebruik en my twee individuele kinders wat in ouderdom en belangstelling geweldig verskil, gelyktydig leer.

Temagebaseerde onderwys het vir my na ’n wen-wen situasie geklink!

Na baie ure op die internet het my eerste eenheid die lig gesien. Dit het aanvanklik baie voorbereiding gevat, maar baie idees was reeds op die internet beskikbaar en ek het net my eie daarby ingeknoop.

Só het die leerproses vir ons verbeter

Die verandering in my kinders was verstommend. Skielik was hulle geïnteresseerd en ywerig om meer te leer — ’n groot pluspunt vir my! My kleintjie het selfs vir Ouma vertel ons doen glad nie meer skool nie, net lekker werkies. Ons kon nou temas waarin hulle regtig belangstel in diepte bestudeer.

Ons hele gesin het betrokke geraak by sekere aktiwiteite en ’n tema soos Mariene Biologie het ons ’n hele kwartaal besig gehou. Ons het met die SASSI lys in die hand gaan vis koop, in rotspoele gaan rondploeter, gaan snorkel en die Tuna Derby in Simonstad bygewoon.

Hierdie soort onderwys maak baie meer moontlikhede oop

Danksy temagebaseerde onderwys kan mens ook meer eklekties onderrig. Ons volg baie van Charlotte Mason se beginsels wat ek by temas inwerk, soos byvoorbeeld haar manier om natuurjoernale te maak.

Temagebaseerde leer is ook ’n wonderlike opsie vir ’n wye reeks leerders soos visuele leerders, kinders wat besonder baie belangstel in ’n sekere veld, ADD/ADHD kinders en baie kreatiewe kinders. Dit kan selfs gebruik word vir ’n ontskolingstydperk of as vakansieaktiwiteite.

Ek moet net byvoeg my kinders doen wel aanvullende Wiskunde, Engels en Afrikaans.

Variasies van temagebaseerde onderwys is in die nuus

Nuwe opvoedkundige roetes soos verskynselgebaseerde onderwys (“phenomenon based education”) wat Finland nou implementeer, en probleemgebaseerde onderwys (“problem based learning”) sluit grootliks by temagebaseerde onderwys aan. ’n Onderwerp soos ‘energie’ word byvoorbeeld in sy geheel as ’n verskynsel ondersoek. Hierdie soort onderwys het ’n holistiese benadering tot ’n onderwerp, waar die grense tussen konvensionele vakgebiede vervaag.

Temagebaseerde onderwys is niks nuut nie, maar na my mening is dit ’n gebied in opvoedkunde wat ongelukkig in Suid-Afrika nie ordentlik ontwikkel en gedelf is nie.

Probeer dit gerus — jy sal aangenaam verras wees met die uitkoms.

Kontak Elaine by [email protected] vir meer inligting. Sy stel tans haar pragtige en baie omvattende Mariene Biologie eenheid gratis tot die beskikking van ander tuisskolers. Dié eenheid is in Afrikaans of Engels beskikbaar.

Is jy op soek na meer raad, wenke en idees oor tuisonderwys?

SKRYF DAN GERUS IN VIR HIERDIE GRATIS AANLYN KURSUS

Hoe kry mens jou kinders meer geïnteresseerd in hulle skoolwerk? Hoe kry jy hulle minder verveeld? Temagebaseerde onderwys is die antwoord.

Leave a comment